Aussie-vrou vergiftig haar baba vir aanlyn-fondsinameling
‘n Australiese sosiale media-beïnvloeder word aangekla vir die vergiftiging van haar babadogtertjie om skenkings bymekaar te maak en meer aanlyn volgelinge te kry. Die vrou van Queensland het beweer sy deel die verhaal van haar kind se stryd met ‘n terminale siekte. Dokters het in Oktober alarm gemaak toe die baba in die hospitaal opgeneem is. Daar is toe vir maande ondersoek ingestel en die 34-jarige vrou is aangekla van marteling, die toediening van gif, kinderuitbuiting op sosiale media en bedrog. Sy het meer as 700 000 Namibiese dollar ingesamel deur GoFundMe-skenkings, wat die webwerf nou probeer terugbetaal. Die vrou moet vandag in die hof verskyn.