Zimbabwe gaan zama-zamas uitken, liggame repatrieer
Zimbabwe se konsul-generaal in Suid-Afrika, Eria Phiri, het aangekondig hulle sal saam met Suid-Afrikaanse owerhede werk om die 465 Zimbabwiese burgers wat gearresteer is vir onwettige mynbou in Stilfontein in Noordwes uit te ken. Dit volg nadat twee vrywilligers bevestig het alle mynwerkers en liggame is na die oppervlak gebring. Hy sê Zimbabwe sal ook die repatriasie van afgestorwe burgers koördineer.