Vrywillige Stilfontein-redders kry berading
Twee vrywilligers wat gister deelgeneem het aan die Stilfontein-reddingsending, sal berading ontvang. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê die vrywilligers het bevestig alle onwettige mynwerkers is na die oppervlak gebring en daar is geen oorblywende liggame nie. Sewe Zimbabwiese mynwerkers het intussen uit die Margaret-skag na die oppervlak gekom. Hierdie voorval toon die voortdurende uitdagings wat onwettige mynbou inhou. Mathe het regeringsplanne bevestig om verlate skagte te seël en te rehabiliteer om toekomstige voorvalle te voorkom.