Loop katvoet met Trump aan bewind: politieke ontleder

Die regering het Amerika se besluit om Kuba van sy lys van staatsborge van terrorisme te verwyder met entoesiasme verwelkom. Die regering het ook gesê dit sal hopelik lei tot die opheffing van ekonomiese sanksies teen Kuba, en dat Kuba en Amerika beter sal skakel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage, wat sê Trump is onvoorspelbaar en dis nie seker of hy die ooreenkoms gaan nakom nie. Hy voeg by dat beide Namibië en Suid-Afrika versigtig moet wees met Trump aan bewind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *