Hou op dronkbestuur, daar’s ernstige gevolge!

Die Katutura landdroshof hof het vandag nege sake van dronkbestuur op die hofrol gehad. Van die sake dateer van verlede jaar af en net ‘n handvol was eerste verskynings. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol Kommisaris Petrus Swartz gepraat, wat sê die statistieke van die feesseisoen sal volgende week bekendgemaak word. Swartz waarsku die publiek teen dronkbestuur en sê die howe sal die dronkbestuurders volgens die wet hanteer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *