Arsenal se Premierliga-droom lewe steeds

Arsenal het hul hoop lewend gehou in die Premierliga met ‘n oorwinning van 2-1 oor Tottenham Hotspur om in die tweede plek in te skuif, vier punte agter Liverpool wat eerste is. Spurs se kaptein, Heung-Min Son, het hulle laat voorloop, maar ‘n eie doel deur Dominic Solanke en ‘n doel deur Leandro Trossard het die bordjies vir die Gunners verhang. Newcastle United het 3-0 met Wolverhampton Wanderers klaargespeel vir hul sesde sege in ‘n ry in die liga, terwyl Crystal Palace vir Leicester City 2-1 geklop het. Aston Villa moes het Everton 1-0 getroef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *