AfriForum, Solidariteit begin regstappe teen Bela-wet
AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum het met regstappe begin teen die instel van die Bela-wet. Kallie Kriel van AfriForum sê president Cyril Ramaphosa het irrasioneel opgetree toe hy die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se aanbeveling ignoreer het om die wet se taal- en toelatingsbeleide uit te stel. Hy sê die regsbriewe eis ‘n resolusie binne tien dae, of die saak sal in die hof voortgaan.