Verkiesingsuitdaging vandag in die hof
Die langverwagte hofsaak deur die IPC en LPM teen die verkiesingsuitslae sal vandag om tien-uur voorkom. Die Regbank het die paneel van regters bevestig en dit bestaan uit drie regters, Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase. Verskeie politieke partye het Dinsdag by die parlement vergader om hul steun vir die LPM en IPC se saak te toon en NEFF-aktivis Michael Amushelelo sê ook Namibiërs moet nie die uitslag van die verkiesing aanvaar nie. Dit val saam met ‘n IPC-optog wat om half-agt vanoggend by die Katutura-jeugkompleks begin en by Zoopark sal eindig.