La Niña is hier, maar sy is swak
La Niña-toestande het amptelik gedurende Desember in die sogenaamde “Niño-gebiede” van die sentrale en oos-sentrale ekwatoriale Stille Oseaan gevestig. Maar Agriforum berig dat wetenskaplikes slegs ‘n swak La Niña verwag. Volgens die berig is daar ‘n 59 persent kans dat La Niña-toestande tot minstens Februarie of April sal voortduur, waarna neutrale ENSO-toestande weer na verwagting sal intree. Weerkundiges sê terwyl dinamiese weermodelle slegs ‘n swak La Niña voorspel, dui beide die Stille Oseaan en meegaande atmosferiese toestande tans op die teenwoordigheid van ‘n La Niña.