Stad Windhoek weerlê swak hervestiging
Die Stad Windhoek staan steeds bont om negatiewe bewerings oor sy hervestiging van vloedslagoffers te ontken. Die Stad het reeds watertenks by die hervestigingsterrein opgerig, waar 11 gesinne hervestig is. Tente en matrasse is ook voorsien aan die gesinne wat alles verloor het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, die Stad Windhoek se woordvoerder, wat sê gerugte dat die gesinne nie gelukkig is met hul hervestiging nie is onwaar. Amutenya het meer.