Persiese luiperd in Kazakstan gesien

Die bedreigde Persiese luiperd is in Kazakstan opgemerk, ‘n seldsame waarneming in die Sentraal-Asiatiese land, waar die kat se teenwoordigheid nog nie voorheen aangeteken is nie. Daar is net sowat 1 000 Persiese luiperds in die wêreld oor. Dit staan ook bekend as die Kaukasiese of Anatoliese luiperd wat in Kaukasië, Turkye, Iran, Irak en sommige Sentraal-Asiatiese lande aangetref word. Dit word volgens die Rooilys van Bedreigde Spesies van die  Internasionale Unie vir Natuurbewaring as “bedreig” beskou. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *