Ministerie sê oor oorlading
Oorlading van Iveco-busse en sewe-sitplek taxis vanaf die noordelike streke na die vakansie gaan onverpoosd voort. Hierdie voertuie word gereeld by die Otjiwarongo padblokkade op die B1 afgetrek. Sommige dra tot dubbel die aantal passasiers waarvoor dit gemaak is en daar is dikwels ander kwessies, soos afgeloopde bande en flikker- en hoofligte wat nie reg werk nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van die vervoerministerie, Julius Ngweda, wat ‘n boodskap het vir die bestuurders.