Kuba sluit aan by SA in Den Haag
Kuba het aangesluit by Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Strafhof. Suid-Afrika het in Desember 2023 stappe teen Israel ingestel en voer aan die Geneefse Konvensie word oortree wat behandeling van Palestyne in die Gaza-strook betref. Talle lande soos Spanje, Libië, Mexiko, Turkye, Colombia en Nicaragua het sedertdien by die saak aangesluit. Sedert die Hamas-aanval in Oktober 2023 gaan Israel voort met sy aanval waarin 46 600 mense volgens berigte dood is.