Soedan se weermag neem weer beheer oor strategiese stad
Soedan se weermag en sy bondgenote het ‘n strategiese stad van die Rapid Support Forces teruggeneem. Amptenare sê die herowering van die stad Wad Medani, die hoofstad van die Gezira-provinsie, kom na ‘n jaar se pogings. Wad Medani was voorheen ‘n veilige hawe vir ontheemde gesinne in die vroeë maande van die oorlog. Die konflik in Soedan het in April 2023 begin toe spanning tussen die leiers van die weermag en die Rapid Support Forces in openlike gevegte in die hoofstad, Khartoem, en ander stede regoor die land uitgebreek het. Meer as 28 000 mense is dood en miljoene ontheem.