Sinner, Swiatek, Gauff deur na Aussie Ope 2de ronde
Tennis: Jannik Sinner van Italië het sy Australiese Ope-titel se verdediging suksesvol begin met ʼn taai stryd. Iga Swiatek en Coco Gauff is ook deur na die tweede ronde. Sinner is die wêreld-nommer-een, maar speel sedert Maart onder ʼn wolk nadat hy twee keer positief getoets het vir ʼn verbode steroïed. Hy ontken skuld en tennisowerhede het hom kwytgeskeld. Die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport het egter geappelleer en wil hom vir twee jaar skors. Sinner is hartlik by die Rod Laver Arena verwelkom voordat hy Nicolas Jarry van Chili met 7-6, 7-6, 6-1 verslaan het.