SA-dokters wat gemeenskapsdiens voltooi het moet werk kry
Cosatu doen ‘n beroep op die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om in samewerking met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging Vakbond, SAMATU, ‘n plan op te stel vir die indiensneming van honderde gekwalifiseerde dokters. SAMATU sê hy weet van minstens 450 gekwalifiseerde dokters wat hul gemeenskapsdiensjaar voltooi het. Zanele Sabela van Cosatu sê die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan se sukses berus op die versterking van menslike hulpbronne in staatsfasiliteite: