NamPol het fouteer by Dâure Daman besetting

Dit was nie nodig om die Spesiale Reserwemag te ontplooi na die Dâure Daman Tradisionele Owerheid-kantoor op Uis nie. Dit is die mening van luitenant-generaal Joseph Shikongo, die hoof van die Namibiese polisie. Hy sê blou uniforms kon self die situasie hanteer het. Die herrie het ontstaan na inwoners die perseel beset het, in weerwaak van ‘n hofbevel. Hulle eis die verwydering van hulle hoof, Sagarias Seibeb. Meeste was ouer mense en vroue wat met geweld van die perseel verwyder was. Shikongo sê beide die polisie en die gemeenskap moet opgevoed word. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *