Mosambiek -opposisiepartye boikot inhuldiging van parlement

Mosambiek gaan vandag sy nuwe parlement inhuldig, ná dodelike betogings oor die verkiesing in Oktober, waarin daar volgens die opposisie, met die uitslae gepeuter is. Die opposisieleier, Venancio Mondlane het ‘n beroep gedoen op sy ondersteuners om vreedsame betogings te hou vanaf vandag tot Woensdag, wanneer Daniel Chapo van Frelimo as president ingehuldig word. Twee opposisiepartye, Renamo en die Demokratiese Beweging van Mosambiek, MDM, het aangekondig hulle boikot vandag die verrigtinge waar die nuwe parlementslede inhuldig word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *