Geskoolde werkers ‘behoort tegnologie maklik baas te raak’

Die Wêreld Ekonomiese Forum sê in ‘n verslag dat werkers se heropleiding in die toekoms kritiek belangrik sal wees om in die vraag na tegnologie en mensgesentreerde vaardighede te voldoen. Sowat 22 persent van globale werksgeleenthede sal teen 2030 ontwrig word deur kunsmatige intelligensie, demografiese verskuiwings en ekonomiese druk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, wat sê dat werkers moet kan aanpas, maar dit sal nie te moeilik wees nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *