Stilfontein-krisis regering se eie skuld: GOOD Party
Die GOOD Party het die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak verwelkom waarvolgens die regering dadelik met reddingsoperasies by Skagte 10 en 11 van die Buffelsfontein-goudmyn in Stilfontein, Noordwes, moet begin. Dit volg na ‘n dringende aansoek deur Zinzi Tom, wie se broer onder die honderde mynwerkers is wat sedert Julie verlede jaar ondergronds is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die hofuitspraak handhaaf weereens die fundamentele reg op lewe, soos deur Artikel 11 van die Grondwet gewaarborg.