Sikloon by Mosambiek trek Namibië se reën weg
Die kanse vir reën in die volgende sewe tot tien dae het afgeneem vanweë ‘n sikloon wat besig is om by Madagaskar te ontwikkel. Dit trek vogtige lug ooswaarts, en weerpatrone sal ‘n rukkie vat om na die sikloon te herstel. Goeie reën word egter verwag oor die twee Kavango- en die Zambezi-streke. Volgens weerkenner en suideboer George van die Merwe sal die grootste deel van die land nie binnekort neerslag kry nie.