Stilfontein-dodetal kan styg, sê Giwusa
Die vakbond Giwusa sê die dodetal in die Stilfontein-mynkrisis in Noordwes kan styg, aangesien pogings om onwettige mynwerkers te red steeds onvoldoende is. Daar word vermoed meer as 100 mynwerkers het weens gevaarlike toestande gesterf, baie omdat hul geval het, verhonger het of verdrink het in verspoelde tonnels. Giwusa se president, Mametlwe Sebei vra vir die toewysing van fondse om ‘n behoorlike reddingsoperasie met die nodige kundiges te kan uitvoer.