Kapingsaak by Mandela se Houghton-huis uitgestel
Die saak teen vier verdagtes in verband met ‘n gekaapte voertuig wat by die huis in Houghton van oudpresident Nelson Mandela in Johannesburg gevind is, is tot 17 Januarie uitgestel. ’n Vyfde persoon wat in hegtenis geneem is, Nelson Mandela se kleinseun, was nie vandag in die hof nie. Die hof het die media opdrag gegee om nie die verdagtes se name, geslag of ras te publiseer nie. Die gekaapte voertuig en ʼn ongelisensieerde vuurwapen is gevind. Hulle word aangekla van ontvoering, roof en aanranding.