Gaza-dodetal dalk 40% hoër as ministerie se syfers

Die dodetal in Gaza gedurende die eerste nege maande van die Israel-Hamas-oorlog is dalk 40-persent hoër as die getalle wat deur die gesondheidsministerie in die Palestynse gebied gegee word. Navorsing vir die Britse mediese joernaal The Lancet beraam die dodetal op tussen 55 298 en 78 525 mense, vergeleke met die 37 877 wat deur Palestina gegee word. Nagenoeg 59,1-persent van die sterftes was vroue, kinders en mense ouer as 65. Die Israeliese ambassade in Brittanje sê enige inligting wat uit Gaza kom is onbetroubaar en bedien Hamas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *