ANC is tot niet, sê politieke ontleder
Die politieke ontleder Sandile Swana sê die ANC is in die asblik van die geskiedenis solank mense soos onder andere president Cyril Ramaphosa en sekretaris-generaal Fikile Mbalula in beheer is. Ramaphosa lewer vandag die ANC se 8 Januarie-verklaring in Khayelitsha in Kaapstad, as deel van die party se 113de verjaardagvieringe. Swana het aan die SABC gesê die ANC se hernuwingsprogram is ‘n mors van tyd.