PEL39 is nie alles vir olie-eksplorasie, sê Namcor

Namcor het nog ‘n verklaring vrygestel ná Shell se besluit om eksplorasie op PEL39 te staak. Namcor verduidelik dat die gesamentlike ondernemingsvennote sedert 2022 drie keuringsboorgate en ses verkenningsboorgate regoor die PEL 39-lisensiegebied geboor het. Uitgebreide data wat noemenswaardige koolwaterstofvooruitsigte toon is ingesamel. Probleme soos ultra-diepwater toestande en reservoir kompleksiteit bestaan egter steeds. Utaara Hoveka, Namcor se skakel- en kommunikasiespesialis, gee meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *