Glasgow Warriors, Racing92 begin naweek se Kampioenebeker-aksie
Rugby: Aksie in die Kampioenebeker begin vanaand om 10-uur wanneer afrigter Franco Smith se Glasgow Warriors tuis speel teen die Franse span, Racing92. Die Skotse span het tot dusver sewe punte uit ʼn moontlike tien behaal in hulle twee wedstryde in Europa se voorste kompetisie. ʼn Oorwinning sal hulle vir ʼn tweede agtereenvolgende veldtog so te sê verseker van ʼn plek in die uitklopfase. Vleuel Kyle Steyn voer die span aan in sy eerste verskyning in die Kampioenebeker-veldtog. Die stut van die Britse en Ierse Leeus, Rory Sutherland, begin ook die eerste keer sedert Oktober.