Getuies gesoek van ‘rassisme’ op FlySafair-vlug
Die Wes-Kaapse Menseregtekommissie het getuies versoek om na vore te kom terwyl daar ondersoek ingestel word na beweerde rassisme op ‘n FlySafair-vlug van Kaapstad na Durban. ‘n Passasier het na bewering rasse-uitlatings teenoor ‘n vlugkelner gemaak. Tshepi Madlingozi van die kommissie het aan die SABC bevestig drie klagtes is ontvang en tans word daar beoordeel of daar prima facie bewyse van rassisme of haatspraak is ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid.