Gasvryheidsvereniging hoop op meer visumvrye reise

Tydens die onlangse besoek van die Chinese buitelandse sake-minister Wang Yi is verskeie planne aangekondig, onder meer toekomstige visumvrye reise tussen China en Namibië. Volgens president Nangolo Mbumba is Namibië vasbeslote om by die vinnig groeiende en winsgewende Chinese toerismemark in te skakel. Amptenare werk glo reeds daaraan om visumvrye reise vir toerismedoeleindes tussen die twee lande tot stand te bring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat die stap verwelkom en byvoeg dat meer sulke pogings nodig is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *