Versigtig vir swendelaars as jy huurplek soek
Januarie is ‘n gunsteling tyd vir swendelaars wat studente en mense wat huurverblyf soek teiken. Slagoffers word dikwels mislei om deposito’s vooraf te betaal deur elektroniese fondsoorplasings, of deur selfoon-betalings. Superintendent Marcelline Murapo van die Windhoek Stadspolisie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en vra veral studente om waaksaam te bly wanneer hulle verblyf probeer verseker.