Tienersusters in Pakistan brand pa dood na verkragting

Twee tienersusters is in Pakistan gearresteer vir die moord op hulle pa. Hulle het hom aan die brand gesteek om wraak te neem vir verkragting. Die polisie sê die pa is op Nuwejaarsdag aangeval en hospitaal toe geneem, waar hy later dood is. Die meisies sê hulle het onder mekaar besluit om ‘n blywende oplossing te vind en daarna petrol uit ‘n motorfiets getap en hul pa in sy slaap aan die brand gesteek. Die stiefsusters het gesê hul pa het die oudste meisie ‘n jaar lank verkrag en ook probeer om die jonger meisie te verkrag. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *