Shell se ontdekking in PEL39 nie lewensvatbaar nie

Shell sal sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar afskryf oor ‘n olie-ontdekking in die Oranje-bekken wat hy as kommersieel onlewensvatbaar ag, ‘n reuse-knou vir die land se pogings om ‘n ru-olie-produsent te word. Shell het aan Reuters gesê dat ontdekte olie- en gasbronne in aflandige blok PEL39 nie tans vir kommersiële ontwikkeling bevestig kan word nie. Shell en sy vennote QatarEnergy en Namcor het die eerste keer in 2022 koolwaterstof in blok PEL39 ontdek, saam met nog ‘n ontdekking TotalEnergies wat in ‘n nabygeleë blok gemaak is. Shell het die afgelope drie jaar nege putte in die lisensie geboor en verskeie ander ontdekkings gemaak. Meer onlangs het die Portugese oliemaatskappy Galp ook ‘n groot ontdekking in ‘n ander lisensie gemaak.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *