Ngungula smokkelaars val hulle kliënte aan
Plaaslike media berig dat mense wat onwettige brandstof vanuit Angola, bekend as ngungula, verkoop, toenemend hulle kliënte aanval en beroof. Daar is berigte dat sommige gesteek word en van selfone en geld beroof word na hulle ‘n aankoop gemaak het. Taxi-bestuurders ondersteun veral die smokkelaars omdat die brandstof baie goedkoper is al voldoen dit nie aan plaaslike standaarde nie. Hulle sê hulle word aangeval en beroof met een bestuurder wat beweer hy is met ‘n panga aangeval. Die grootste uitdaging is dat die misdade nie gerapporteer word nie en in afgeleë plekke plaasvind.