LPM skiet volksmoord gesamentlike verklaring af

‘n Gesamentlike verklaring deur Namibië en Duitsland oor vergoeding vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord is byna gefinaliseer, en daar word beplan om dit voor einde Maart vanjaar te onderteken. Die geraakte groepe is egter ontevrede omdat hulle nie deel was van die onderhandelinge nie. Reaksie is ontvang van die Landless People’s Movement, wat in 2022 by die Nama- en Ovaherero tradisionele owerhede aangesluit het in hul strewe om die regering se betrokkenheid by die volksmoordkwessie as ongrondwetlik te laat verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se menseregteleier, Joyce Muzengua, gepraat wat sê hulle sal litigeer totdat geregtigheid geskied.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *