Gereelde oefening kan selfs vordering van kanker vertraag
Gereelde weeklikse oefening van selfs net 60 minute kan vordering van kanker met 27-persent en dood met 47-persent verminder. Dit is volgens navorsing onder leiding van Sport en Gesondheid by die Wits-universiteit. Die studie het anonieme inligting ontleed van die mediese skema, Discovery Health, se Vitality-program om gesondheid te bevorder. Die hoof-outeur, Jon Patricios, sê in ʼn wêreld waar kanker ʼn groot las op openbare gesondheid plaas, kan aanmoediging om fisiese oefening te doen tot belangrike voordele lei wat die vordering, voorkoming en bestuur van kanker betref.