Rapporteer padvarke, jy kan geld maak – in Viëtnam

Viëtnam gaan inwoners betaal wat verkeersoortreders rapporteer. Die land is tans besig om bestuurders wat op sy berugte, chaotiese paaie verkeersreëls oortree, aan te keer. Owerhede het sedert die begin van die jaar boetes so skerp verhoog dat dit vir die gemiddelde bestuurder byna onbekostigbaar is. Dit sluit oortredings in soos om oor ʼn rooi verkeerslig te ry of op ʼn selfoon te praat terwyl jy bestuur. Volgens die nuwe reëls kan enigiemand wat ʼn gestaafde verkeersoortreding aanmeld, nou tot 10 persent van die boete, tot ʼn maksimum van 3 700 Namibiese dollar ontvang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *