Norrie sê jammer na woede uitbarsting

Cameron Norrie van Brittanje het om verskoning gevra nadat hy sy raket weggesmyt en dit in die skare beland en ʼn toeskouer getref het gedurende sy nederlaag van 6-2 6-3 teen die Argentyn Facundo Diaz Acosta in Auckland. Wêreld nommer 48, Norrie, het die net geslaan toe hy met 6-2, 5-3 agter was en het sy raket uit frustrasie weggesmyt. Die toeskouer in die voorste ry was skynbaar ongedeerd en Norrie het hom dadelik om verskoning gaan vra. Die 29-jarige is weens onsportiewe gedrag deur die skeidsregter gewaarsku.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *