Gryp in by Mosambiek, vra BOSA aan Lamola
Build One South Africa sê hy het die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, amptelik versoek om in te gryp by die verslegtende politieke krisis in Mosambiek. Die land loop sedert die verkiesing deur onder geweld. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Mmusi Maimane het ʼn brief van die leier van Mosambiek se opposisieparty, Venancio Mondlane, ontvang waarin hy vrese oor sy veiligheid uitspreek. Mondlane beplan om môre na sy tuisland terug te keer.