Ghana se Mahama ingesweer

John Dramani Mahama is tydens ‘n seremonie in Ghana se hoofstad Accra vir ‘n tweede termyn as president ingesweer, en het belowe om openbare ontevredenheid te oorkom deur die ekonomie ‘n hupstoot te gee en broodnodige werksgeleenthede te skep. Hy vervang Nana Akufo-Addo, wat na twee termyne uittree in ‘n voortsetting van Ghana se demokratiese tradisie. Namibiese president Nangolo Mbumba was een van die meer as 20 presidente en staatshoofde van regoor die wêreld wat die seremonie op Accra se onafhanklikheidsplein bygewoon het. Mahama is onder druk om vinnig sy veldtogbeloftes na te kom om hoë jeugwerkloosheid hok te slaan en verskanste korrupsie uit te roei. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *