BRICS moet eerder die dollar met rus laat
Die BRICS-groepering, wat oorspronklik uit Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika bestaan het, het nou nege lede en nege vennote, en groei steeds. BRICS beslaan tans sowat die helfte van die wêreldbevolking met meer as 41 persent van die wêreld se BBP, en verskerp pogings om die internasionale monetêre en finansiële stelsel te de-dollariseer en te transformeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart, wat sê dit sal vir BRICS beter wees om vir eers die dollar met rus te laat, om steeds voordeel te trek uit handel met Amerika.