SA rugbyspanne begin seisoen die naweek
Rugby: Suid-Afrikaanse spanne kry dié naweek die jaar se aksie aan die gang in die Kampioene- en Uitdaagbeker. In die Kampioenebeker kom die Haaie Saterdag in Durban teen die verdedigende kampioene, Toulouse, te staan. Die Stormers moet na twee nederlae teen die Sale Sharks in Kaapstad wen. Die Bulle is in dieselfde bootjie en het ʼn wegwedstryd teen Castres in Frankryk. In die Uitdaagbeker speel die Leeus teen Montpellier in Frankryk en die Cheetahs speel Sondag teen Zebre in Amsterdam.