Padveiligheid misluk tydens feestyd
Die Namibiese Polisie se padongelukstatistieke vir die feesseisoen wys daar was 472 ongelukke, 918 beserings en 80 sterftes. Die Motorvoertuigongelukkefonds het ook hul statistieke vir 2024 bekend gemaak. Daar was ‘n totaal van 3 160 ongelukke, 5 774 beserings en 443 sterftes, wat 15 meer was as die 428 sterftes wat in 2023 aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met John Haufiku, die fonds se hoof van korporatiewe sake, wat kommentaar lewer.