Kamala bevestig haar eie verlies in Kongres
Die Amerikaanse kongres het Maandag die verkose Republikeinse president, Donald Trump, se oorwinning in die 2024-presidentsverkiesing bevestig. Visepresident Kamala Harris, wat deur Trump verslaan is, het volgens die Amerikaanse Grondwet die geleentheid waargeneem. Dit was in teenstelling met die vorige geleentheid op 6 Januarie 2021 toe die Kongres die verkiesingsuitslag wou bevestig, en Trump-ondersteuners probeer het om president Joe Biden se bevestiging te keer. Harris sê die vreedsame oordrag van mag is een van die basiese beginsels van Amerikaanse demokrasie: