Duitsers oningenome met elektriese voertuie

Verkope van nuwe battery-aangedrewe motors het verlede jaar in Duitsland met 27,4-persent gedaal, met die land se vlagskip-motorbedryf wat in ‘n krisis gedompel is. Daar is verlede jaar 2,8- miljoen nuwe voertuie geregistreer, maar slegs 380 609 was elektriese voertuie, dus ‘n markaandeel van 13,5-persent. Die aanvraag na battery-aangedrewe motors in Duitsland het ná jare se groei sy momentum verloor met die onttrekking van staatsubsidies aan die einde van 2023. Hoë pryse vir nuwe elektriese modelle, onbetroubare infrastruktuur vir die laai van motors en afstandsbeperkings is van die redes waarom baie verbruikers nie hierdie motors gekies het nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *