Daar moet oorsig wees by omgewingskommissaris
‘n Onlangse verslag deur die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging het verskeie skuiwergate in omgewingsimpak studies uitgewys. Die EIA Tracker, wat alle geregistreerde Omgewingsimpakbepalings aanteken, onthul dat baie projekte tekortskiet aan deursigtigheid en aanspreeklikheid. Dit dui ook aan dat die proses onvoldoende is, daar nie genoeg oorsig is nie en dat omgewingspraktisyns dikwels die wet oortree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing…