Yoon se arrestasie steeds op ‘n dooiepunt
Die hoof van sekuriteit vir Suid-Koreaanse president Yoon Suk Yeol sê hy kan nie saamwerk met pogings om hom in hegtenis te neem nie, in ‘n verklaring wat die politieke krisis sal vererger. Met ‘n lasbrief vir Yoon se inhegtenisneming Maandagnamiddag verval het die amptenaar, Park Chong-jun, die regsdebat rondom die lasbrief aangehaal as die rede vir die gebrek aan samewerking. Park sê die presidensiële veiligheidsdiens is tot ’n private weermag verklaar. Intussen is die lasbrief oorhandig aan die polisie met volmag en die teenkorrupsie eenheid sê hy sal vra vir ‘n verlenging daarvan.