VSA, Ierland, Brittanje maak gereed vir erge koue
Erge koue word vir Kanada, die VSA, Brittanje en Ierland voorspel met die Ierse weerdiens wat sê dat tot 10 sentimeter se sneeu in sommige gebiede sal voorkom. Moeilike reisomstandighede en vertragings vir openbare vervoer word verwag. Deon Backhaus-Louw, oud-omroeper van Kosmos 94.1 en wat nou in Dublin woon, het met die nuuskantoor gesels.