Russe sê hulle het Koersk-aanval afgeweer
Die Kremlin beweer hy het Sondag ʼn Oekraïnse aanval in Rusland se Koersk-streek suksesvol afgeweer. Die aanval was vermoedelik ʼn poging om nuwe grondgebied te verower nadat Oekraïnse soldate in Augustus in dieselfde streek ʼn skokaanval oor die grens uitgevoer het. Die Kremlin het sedertdien ʼn deel van die grondgebied terug gevat, maar sukkel om die invallende magte terug te stoot. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het vroeër gesê hy gaan die gebied behou en as bedingingsmiddel in moontlike vredesonderhandelings gebruik.