Calle sê LPO het die reg om Meatco ledevergadering te eis
Die Lewendehawe Produsente-organisasie vra ‘n Meatco-ledevergadering aan na twee pogings om ‘n jaarvergadering te hou, eers in November en toe in Desember misluk het omdat daar nie kworum was nie. Die minimum hoeveelheid lede vir ‘n kworum staan op ‘n skamele 50 en Meatco het 400. Die LPO wil kritieke aspekte en strategieë bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister Calle Schlettwein gepraat en hy sê dit is heeltemal verstaanbaar.