Wêreld se oudste vrou sterf op 116
‘n Japannese vrou, wat deur die Guinness World Records as die wêreld se oudste persoon erken word, is op 116 oorlede. Tomiko Itooka is in Mei 1908 gebore, ses jaar voor die Eerste Wêreldoorlog en in dieselde jaar as die Ford Model T-motor se bekenstelling in Amerika. Sy het die amptelike Guinness World Records-sertifikaat verlede jaar op die Respek vir Bejaardes-dag ontvang. Dit is ‘n Japannese openbare vakansiedag wat jaarliks gevier word om die land se bejaarde inwoners te vereer. Byna ‘n derde van Japan se 124-miljoen mense is ouer as 65.